PSALMS 108 - Afrikaans 1933/1953

Lof van God en gebed om hulp.

1 'n LIED. 'n Psalm van Dawid.

2 My hart is gerus, o God! Ek wil sing en psalmsing, ja, ook my eer.

3Waak op, harp en siter! Ek wil die dageraad wakker maak.

4Ek wil U loof onder die volke, o Here, en psalmsing tot u eer, onder die nasies;

5want u goedertierenheid is groot bo die hemel uit en u trou tot by die wolke.

6Verhef U bo die hemele, o God, en u heerlikheid bo die hele aarde!

7 Dat u bemindes gered kan word — verlos deur u regterhand en verhoor ons!

8God het gespreek in sy heiligdom: Ek wil jubel, Ek wil Sigem verdeel en die dal van Sukkot afmeet.

9Gílead is myne, Manasse is myne, en Efraim is die beskutting van my hoof; Juda is my veldheerstaf.

10Moab is my waskom; op Edom werp Ek my skoen; oor Filistéa jubel Ek.

11Wie sal my bring in die versterkte stad? Wie lei my tot in Edom?

12Het U, o God, ons nie verwerp nie? En U trek nie uit, o God, saam met ons leërs nie.

13Gee ons hulp teen die vyand, want die mens se hulp is vergeefse moeite.

14In God sal ons kragtige dade doen, en Hy self sal ons vyande vertrap.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help