ESTER 10 - Afrikaans 1933/1953

Mórdegai se hoë posisie en aansien.

1DAARNA het koning Ahasvéros 'n belasting op die land en op die kuslande van die see gelê.

2En al die dade van sy mag en sterkte en die noukeurige berig oor die grootheid van Mórdegai waartoe die koning hom verhoog het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Medië en Persië nie?

3Want die Jood Mórdegai was die tweede in rang onder koning Ahasvéros; en hy was groot by die Jode en 'n liefling by die menigte van sy broers, omdat hy die heil van sy volk gesoek en tot welsyn van sy hele nageslag gespreek het.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help