PSALMS 63 - Afrikaans 1933/1953

Dawid se verlange na God.

1 'n PSALM van Dawid, toe hy in die woestyn van Juda was.

2 o God, U is my God, U soek ek; my siel dors na U, my vlees smag na U, in 'n dor en uitgedroogde land, sonder water.

3Só het ek U in die heiligdom aanskou, om u sterkte en u heerlikheid te sien.

4Want u goedertierenheid is beter as die lewe; my lippe moet U prys.

5Só sal ek U prys my lewe lank, in u Naam my hande ophef.

6Soos met vet en vettigheid sal my siel versadig word, en my mond sal roem met jubelende lippe

7as ek aan U dink op my bed, in die nagwake oor U peins.

8Want U was 'n hulp vir my, en in die skaduwee van u vleuels sal ek jubel.

9My siel is aan U verkleef; u regterhand ondersteun my.

10Maar húlle wat soek om my lewe te verderwe, hulle sal kom in die onderste plekke van die aarde.

11Hy sal oorgelewer word in die mag van die swaard; die deel van die jakkalse sal hulle word.

12Maar die koning sal bly wees in God; elkeen wat by Hom sweer, sal hom beroem; want die mond van die leuensprekers sal gestop word.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help