PSALMS 125 - Afrikaans 1933/1953

Israel se beskerming.

1 'n BEDEVAARTSLIED.

Die wat op die Here vertrou, is soos die berg Sion wat nie wankel nie, maar bly tot in ewigheid.

2Rondom Jerusalem is berge; so is die Here rondom sy volk van nou af tot in ewigheid.

3Want die septer van goddeloosheid sal nie rus op die erfdeel van die regverdiges nie, sodat die regverdiges hulle hande nie sal uitsteek na onreg nie.

4 Here, doen goed aan die goeies en aan die wat opreg is in hulle harte.

5Maar die wat langs krom paaie wegdraai, sal die Here laat vergaan saam met die werkers van ongeregtigheid. Vrede oor Israel!

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help