PSALMS 13 - Afrikaans 1933/1953

Gebedsvertroue van Dawid.

1VIR die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.

2 Hoe lank, Here, sal U my altyddeur vergeet? Hoe lank sal U vir my u aangesig verberg?

3Hoe lank sal ek planne beraam in my siel, met kommer in my hart oordag? Hoe lank sal my vyand hom oor my verhef?

4Aanskou tog, verhoor my, Here, my God! Verlig my oë, sodat ek nie in die dood inslaap nie;

5 sodat my vyand nie kan sê: Ek het hom oorwin nie, en my teëstanders nie juig as ek wankel nie.

6Maar ek — op u goedertierenheid vertrou ek; my hart sal juig oor u heil. Ek wil sing tot eer van die Here, omdat Hy aan my goed gedoen het.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help