PSALMS 11 - Afrikaans 1933/1953

Wees nie kleingelowig nie!

1VIR die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.

By die Here skuil ek. Hoe kan julle dan vir my sê: Vlug na julle berg soos 'n voël!

2Want kyk, die goddelose span die boog; hulle het hul pyl op die snaar reggesit om in die donker te skiet na die opregtes van hart.

3As die fondamente omgegooi word, wat kan die regverdige doen?

4Die Here is in sy heilige paleis; die troon van die Here is in die hemel; sy oë sien, sy ooglede toets die mensekinders.

5Die Here toets die regverdige; maar sy siel haat die goddelose en die wat geweld liefhet.

6Hy sal op die goddelose vangnette, vuur en swawel laat reën; en 'n gloeiende wind sal die deel van hulle beker wees.

7Want die Here is regverdig; Hy het geregtighede lief; die opregtes sal sy aangesig sien.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help