PSALMS 128 - Afrikaans 1933/1953

Seën in die huisgesin.

1 'n BEDEVAARTSLIED.

Welgeluksalig is elkeen wat die Here vrees, wat in sy weë wandel!

2 Die opbrings van jou hande sal jy sekerlik eet; gelukkig is jy, en dit gaan met jou goed!

3Jou vrou is soos 'n vrugbare wingerdstok binne-in jou huis; jou kinders soos olyfboompies rondom jou tafel.

4Kyk, so sal sekerlik geseën word die man wat die Here vrees.

5 Mag die Here jou seën uit Sion, dat jy die voorspoed van Jerusalem mag aanskou al die dae van jou lewe!

6En dat jy jou kindskinders mag aanskou! Vrede oor Israel!

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help