PSALMS 130 - Afrikaans 1933/1953

Uit die dieptes.

1 'n BEDEVAARTSLIED.

Uit die dieptes roep ek U aan, o Here!

2Here, hoor na my stem; laat u ore luister na die stem van my smekinge.

3As U, Here, die ongeregtighede in gedagtenis hou, Here, wie sal bestaan?

4Maar by U is vergewing, dat U gevrees mag word.

5 Ek wag op die Here; my siel wag, en ek hoop op sy woord.

6My siel wag op die Here meer as wagters op die môre, wagters op die môre.

7 Wag op die Here, o Israel! want by die Here is die goedertierenheid, en by Hom is daar veel verlossing;

8en Hy self sal Israel verlos van al sy ongeregtighede.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help