PSALMS 87 - Afrikaans 1933/1953

Sion die moederstad van volke.

1VAN die kinders van Korag. 'n Psalm. 'n Lied.

Sy grondvesting is op heilige berge.

2Die Here het die poorte van Sion lief bo al die wonings van Jakob.

3Heerlike dinge word van u gesê, o stad van God! Sela.

4Ek wil Rahab en Babel vermeld onder hulle wat My ken; kyk, Filistéa en Tirus saam met Kus — hierdie een is daar gebore.

5En van Sion sal gesê word: Man vir man is daarin gebore, en Hy, die Allerhoogste, hou dit in stand.

6Die Here sal tel as Hy die volke opskrywe: Hierdie een is daar gebore. Sela.

7En die wat sing sowel as die wat vrolik is, sê: Al my fonteine is in jou!

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help