PSALMS 115 - Afrikaans 1933/1953

Die heerlikheid van die Here

en die nietigheid van die afgode.

1 NIE aan ons, o Here, nie aan ons nie, maar aan u Naam gee eer, om u goedertierenheid, om u trou ontwil.

2Waarom sou die heidene sê: Waar is dan hulle God?

3terwyl onse God tog in die hemel is; Hy doen alles wat Hom behaag.

4 Hulle afgode is silwer en goud, 'n werk van mensehande.

5Hulle het 'n mond, maar praat nie; hulle het oë, maar sien nie;

6ore het hulle, maar hoor nie; hulle het 'n neus, maar ruik nie;

7hande, maar hulle tas nie; voete, maar hulle loop nie; hulle gee geen geluid deur hul keel nie.

8 Die wat hulle maak, sal net soos hulle word — elkeen wat op hulle vertrou.

9 Israel, vertrou op die Here: Hy is hulle hulp en hulle skild!

10 Huis van Aäron, vertrou op die Here: Hy is hulle hulp en hulle skild!

11Julle wat die Here vrees, vertrou op die Here: Hy is hulle hulp en hulle skild.

12Die Here het aan ons gedink: Hy sal seën, Hy sal die huis van Israel seën, Hy sal die huis van Aäron seën.

13Hy sal diegene seën wat die Here vrees, die kleintjies saam met die grotes.

14Die Here sal julle vermenigvuldig, julle en jul kinders.

15Julle is geseënd deur die Here wat hemel en aarde gemaak het.

16 Die hemele is hemele vir die Here, maar die aarde het Hy aan die mensekinders gegee.

17 Die dode en almal wat na die stilte neerdaal, sal die Here nie loof nie;

18 maar óns sal die Here prys, van nou af tot in ewigheid. Halleluja!

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help