PSALMS 26 - Afrikaans 1933/1953

Dink aan my opregtheid!

1 'n PSALM van Dawid.

Doen aan my reg, o Here, want ék wandel in my opregtheid en vertrou op die Here sonder om te wankel.

2 Toets my, Here, en beproef my, keur my niere en my hart;

3want u goedertierenheid is voor my oë, en ek wandel in u waarheid.

4 Ek sit nie by valse mense nie, en met slinkse mense gaan ek nie om nie.

5Ek haat die vergadering van kwaaddoeners, en by die goddelose sit ek nie.

6 Ek was my hande in onskuld en wil gaan rondom u altaar, o Here,

7om die stem van lof te laat hoor en om al u wonders te vertel.

8 Here, ek het lief die woning van u huis en die woonplek van u heerlikheid.

9Ruk my siel nie weg saam met die sondaars en my lewe saam met die manne van bloed nie,

10in wie se hande skandelike dade is, en wie se regterhand vol is van omkopery.

11Maar ék wandel in my opregtheid; verlos my en wees my genadig.

12My voet staan op gelyk grond; ek sal die Here loof in die vergaderings.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help