PSALMS 3 - Afrikaans 1933/1953

'n Môrelied.

1 'n PSALM van Dawid toe hy gevlug het vir sy seun Absalom.

2 o Here, hoe het my teëstanders vermenigvuldig! Baie staan teen my op.

3Baie sê van my: Daar is geen heil vir hom by God nie. Sela.

4Maar U, Here, is 'n skild wat my beskut, my eer en die Een wat my hoof ophef.

5Luid roep ek die Here aan, en Hy verhoor my van sy heilige berg. Sela.

6Ek het gaan lê en aan die slaap mag raak; ek het wakker geword, want die Here ondersteun my.

7 Ek sal nie vrees vir tienduisende van mense wat rondom teen my gereed staan nie.

8Staan op, Here; verlos my, my God! Want U het al my vyande op die kakebeen geslaan; U het die tande van die goddelose stukkend gebreek.

9 Die heil behoort aan die Here; laat u seën wees oor u volk! Sela.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help