PSALMS 52 - Afrikaans 1933/1953

Wee oor die bedrieglike tong.

1VIR die musiekleier. 'n Onderwysing van Dawid,

2toe Doëg, die Edomiet, gekom het en aan Saul te kenne gegee en aan hom gesê het: Dawid het in die huis van Ahiméleg ingegaan.

3Wat beroem jy jou in die kwaad, o geweldige? Die goedertierenheid van God duur die hele dag!

4 Jou tong beraam onheil, soos 'n geslypte skeermes, o werker van bedrog!

5Jy hou meer van kwaad as van goed, van die leuen meer as om geregtigheid te spreek. Sela.

6Jy hou net van woorde wat verslind, o bedrieglike tong!

7So sal God jou dan ook vir ewig omverwerp, jou wegruk en jou uit die tent uitsleep; ja, Hy sal jou ontwortel uit die land van die lewendes. Sela.

8En die regverdiges sal dit sien en vrees; en hulle sal oor hom lag en sê:

9Kyk, die man wat God nie tot sy toevlug gemaak het nie, maar vertrou het op die grootheid van sy rykdom, sterk was in sy begeerlikheid!

10Maar ek sal wees soos 'n groen olyfboom in die huis van God; ek vertrou op die goedertierenheid van God vir ewig en altyd.

11Vir ewig sal ek U loof, omdat U dit gedoen het; en ek sal u Naam verwag, want dié is goed, in teenwoordigheid van u gunsgenote.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help