PSALMS 124 - Afrikaans 1933/1953

Geloofd sy die Redder van Israel.

1 'n BEDEVAARTSLIED. Van Dawid.

As die Here nie vir ons was nie — laat Israel dit sê —

2as die Here nie vir ons was toe die mense teen ons opgestaan het nie,

3dan het hulle ons lewendig verslind toe hulle toorn teen ons ontvlam het;

4dan het die waters ons oorstroom, 'n stroom het oor ons siel gegaan;

5dan het die trotse waters oor ons siel gegaan.

6Geloofd sy die Here wat ons aan hulle tande nie as buit oorgegee het nie!

7Ons siel het vrygeraak soos 'n voël uit die vangnet van die voëlvangers; die vangnet is gebreek, en ons, ons het vrygeraak.

8 Ons hulp is in die Naam van die Here wat hemel en aarde gemaak het.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help