PSALMS 111 - Afrikaans 1933/1953

Lofsang op die werke van die Here

.

1HALLELUJA!

Alef. Ek wil die Here loof van ganser harte; Bet. in die kring van die opregtes en in die vergadering.

2 Gimel. Die werke van die Here is groot; Dalet. nagespeur word hulle deur almal wat daar 'n welbehae in het.

3 He. Sy dade is majesteit en heerlikheid; Wau. en sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid.

4 Sajin. Hy het vir sy wonders 'n gedagtenis gestig; Get. die Here is genadig en barmhartig.

5 Tet. Aan die wat Hom vrees, het Hy spys gegee; Jod. Hy dink vir ewig aan sy verbond.

6 Kaf. Hy het die krag van sy werke aan sy volk bekend gemaak, Lamed. deur hulle die erfdeel van die heidene te gee.

7 Mem. Die werke van sy hande is trou en reg; Noen. al sy bevele is betroubaar.

8 Samek. Vasgestel is hulle vir altyd, vir ewig; Ajin. uitgevoer in trou en opregtheid.

9 Pe. Hy het aan sy volk verlossing gestuur; Sade. Hy het sy verbond vir ewig ingestel; Kof. sy Naam is heilig en vreeslik.

10 Resj. Die vrees van die Here is die beginsel van die wysheid; Sin. almal wat dit beoefen, het 'n goeie verstand. Tau. Sy lof bestaan tot in ewigheid.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help