PSALMS 36 - Afrikaans 1933/1953

Hoe kosbaar is u goedertierenheid, o God!

1VIR die musiekleier. 'n Psalm van Dawid, die kneg van die Here.

2In die binneste van my hart sê die oortreding aangaande die goddelose: Daar is geen vrees van God voor sy oë nie.

3Want dit vlei hom in sy oë in verband met die uitvind en haat van sy skuld.

4Die woorde van sy mond is onreg en bedrog; hy laat ná om verstandig te wees, om goed te doen.

5Hy bedink onreg op sy bed; hy gaan staan op 'n weg wat nie goed is nie; wat sleg is, verfoei hy nie.

6 o Here, u goedertierenheid is tot in die hemele, u trou tot in die wolke.

7U geregtigheid is soos die berge van God; u oordele is 'n groot watervloed. Here, U behou mense en diere!

8Hoe kosbaar is u goedertierenheid, o God! Daarom skuil die mensekinders onder die skaduwee van u vleuels.

9Hulle verkwik hul aan die vettigheid van u huis, en U laat hulle drink uit die stroom van u genietinge.

10Want by U is die fontein van die lewe; in u lig sien ons die lig.

11Laat u goedertierenheid voortduur vir die wat U ken, en u geregtigheid vir die opregtes van hart.

12Laat die voet van die trotsaard nie oor my kom nie, en laat die hand van die goddelose mense my nie verdryf nie.

13Daar het die werkers van ongeregtigheid geval; hulle is neergestoot en kan nie weer opstaan nie.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help