PSALMS 61 - Afrikaans 1933/1953

Die vlugteling-koning.

1VIR die musiekleier; met snaarinstrumente. 'n Psalm van Dawid.

2 o God, hoor my smeking, luister na my gebed!

3Van die einde van die aarde af roep ek U aan as my hart beswyk; lei my op 'n rots wat vir my te hoog is.

4Want U het 'n toevlug vir my geword, 'n sterk toring teen die vyand.

5Ek wil in u tent vertoef vir ewig, in die skuilplek van u vleuels my verberg. Sela.

6Want U, o God, het my geloftes gehoor; U het die besitting gegee van die wat u Naam vrees.

7Mag U dae by die koning se dae byvoeg; mag sy jare wees soos van geslag tot geslag.

8Mag hy vir ewig voor die aangesig van God op die troon sit; beskik goedertierenheid en trou, dat dié hom bewaar.

9Só wil ek psalmsing tot eer van u Naam tot in ewigheid, om my geloftes te betaal, dag ná dag.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help