PSALMS 134 - Afrikaans 1933/1953
'n Nagtelike begroeting.
1 'n BEDEVAARTSLIED.
Kom, loof die Here, o alle knegte van die Here wat snags in die huis van die Here staan!
2 Hef julle hande op na die heiligdom, en loof die Here!
3Mag die Here jou seën uit Sion, Hy wat hemel en aarde gemaak het!