PSALMS 14 - Afrikaans 1933/1953

Goddeloosheid van die mens.

1VIR die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.

Die dwaas sê in sy hart: Daar is geen God nie. Sleg, afskuwelik maak hulle hul dade; daar is niemand wat goed doen nie.

2Die Here het uit die hemel neergesien op die mensekinders, om te sien of daar iemand verstandig is, wat na God vra.

3 Hulle het almal afgewyk, tesame het hulle ontaard; daar is niemand wat goed doen, ook nie een nie.

4Het al die werkers van ongeregtigheid dan geen kennis nie, die wat my volk opeet asof hulle brood eet? Hulle roep die Here nie aan nie.

5Dáár het skrik hulle oorweldig, want God is by die regverdige geslag.

6Die raad van die ellendige — julle kan dit tot skande maak; waarlik, die Here is sy toevlug.

7Ag, mag die verlossing van Israel uit Sion kom! As die Here die lot van sy volk verander, dan sal Jakob juig, Israel sal bly wees.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help