PSALMS 39 - Afrikaans 1933/1953

Gebed in aanvegtinge.

1VIR die musiekleier; vir Jedútun. 'n Psalm van Dawid.

2Ek het gesê: Ek wil my weë bewaar, sodat ek nie sondig met my tong nie; ek wil my mond in toom hou solank as die goddelose nog voor my is.

3Ek was stom in stilte, ek het geswyg, ver van die goeie af; maar my smart is aangewakker.

4 My hart het warm geword in my binneste; 'n vuur het ontvlam by my gesug; ek het gespreek met my tong:

5 Here, maak my einde aan my bekend en wat die maat van my dae is; laat my weet hoe verganklik ek is.

6Kyk, U het my dae 'n paar handbreedtes gemaak, en my leeftyd is soos niks voor U nie; ja, as pure nietigheid staan elke mens daar! Sela.

7Waarlik, die mens wandel as skadubeeld rond; ja, hulle woel verniet; hulle stapel op en weet nie wie dit sal insamel nie.

8En nou, wat verwag ek, o Here? My hoop is op U.

9Red my van al my oortredinge; maak my nie 'n smaad van die dwaas nie.

10Ek is stom, ek sal my mond nie oopmaak nie; want Ú het dit gedoen.

11 Neem u plaag van my weg; ek vergaan vanweë die bestryding van u hand.

12Tugtig U die mens met strawwe oor die ongeregtigheid, dan laat U sy skoonheid vergaan soos deur 'n mot; ja, elke mens is 'n asemtog! Sela.

13Hoor, Here, my gebed, en luister na my hulpgeroep; swyg nie by my trane nie; want ek is 'n vreemdeling by U, 'n bywoner soos al my vaders.

14 Wend u oog van my af, dat ek vrolik kan word voordat ek heengaan en daar nie meer is nie.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help