PSALMS 6 - Afrikaans 1933/1953

'n Boetpsalm in groot benoudheid.

1VIR die musiekleier; met snaarinstrumente; met basstem. 'n Psalm van Dawid.

2 o Here, straf my nie in u toorn nie, en kasty my nie in u grimmigheid nie.

3Wees my genadig, Here, want ek is verswak; maak my gesond, Here, want my gebeente is verskrik.

4Ja, my siel is baie verskrik; en U, Here, tot hoe lank?

5 Keer terug, Here, red my siel; verlos my om u goedertierenheid ontwil.

6 Want in die dood word aan U nie gedink nie; wie sal U loof in die doderyk?

7Ek is moeg van my gesug; elke nag laat ek my bed swem; ek deurweek my bed met my trane.

8 My oog het dof geword van verdriet; dit het swak geword vanweë al my teëstanders.

9 Gaan weg van my, al julle werkers van ongeregtigheid, want die Here het die stem van my geween gehoor.

10Die Here het my smeking gehoor; die Here neem my gebed aan.

11Al my vyande sal beskaamd staan en baie verskrik word; hulle sal in 'n oomblik beskaamd omdraai.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help