PSALMS 143 - Afrikaans 1933/1953

Dawid bid om gou verlos te word van sy vyande.

1 'n PSALM van Dawid.

o Here, hoor my gebed; luister tog na my smekinge; verhoor my in u trou, in u geregtigheid.

2En gaan nie na die gereg met u kneg nie, want niemand wat leef, is voor u aangesig regverdig nie.

3Want die vyand vervolg my siel; hy vertrap my lewe teen die grond; hy laat my woon in duisternisse soos hulle wat lankal dood is.

4En my gees versmag in my, my hart verstyf in my binneste.

5 Ek dink aan die dae uit die voortyd; ek peins oor al u dade; ek dink ná oor die werk van u hande.

6 Ek brei my hande tot U uit; my siel dors na U soos 'n uitgedorde land. Sela.

7Verhoor my tog gou, Here: my gees beswyk! Verberg u aangesig nie vir my nie, sodat ek nie word soos hulle wat in die kuil neerdaal nie.

8Laat my u goedertierenheid in die môre hoor, want op U vertrou ek; maak my bekend die pad wat ek moet gaan, want ek hef my siel op tot U.

9Red my van my vyande, Here! By U skuil ek.

10Leer my om u welbehae te doen, want U is my God. Laat u goeie Gees my lei in 'n gelyk land.

11 o Here, maak my lewend om u Naam ontwil; lei my siel uit die benoudheid, in u geregtigheid.

12En vernietig my vyande in u goedertierenheid, en bring hulle almal om wat my as vyand behandel; want ek is u kneg.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help