PSALMS 8 - Afrikaans 1933/1953

Wat is die mens?

1VIR die musiekleier; op die Gittiet. 'n Psalm van Dawid.

2 o Here, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde! U wat u majesteit gelê het op die hemele.

3 Uit die mond van kinders en suiglinge het U sterkte gegrondves, om u teëstanders ontwil, om die vyand en wraakgierige stil te maak.

4As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het —

5 wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek?

6U het hom 'n weinig minder gemaak as 'n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon.

7 U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gestel:

8skape en beeste, dié almal, en ook die diere van die veld,

9die voëls van die hemel en die visse van die see, wat trek deur die paaie van die see.

10 o Here, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde!

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help