PSALMS 97 - Afrikaans 1933/1953

Die Here

regeer!

1 DIE Here is Koning; laat die aarde juig; laat baie eilande bly wees!

2 Wolke en donkerheid is rondom Hom; geregtigheid en reg is die grondslag van sy troon.

3'n Vuur gaan voor sy aangesig uit en steek sy teëstanders rondom aan die brand.

4 Sy bliksems verlig die wêreld; die aarde sien dit en bewe.

5 Berge smelt weg soos was voor die aangesig van die Here, voor die aangesig van die Here van die hele aarde.

6 Die hemele verkondig sy geregtigheid, en al die volke sien sy heerlikheid.

7Beskaamd staan almal wat die beelde dien, wat hulle op afgode beroem; al die gode buig hulle voor Hom neer.

8Sion hoor dit en is bly, en die dogters van Juda juig oor u oordele, o Here!

9Want U, Here, is die Allerhoogste oor die hele aarde; U is hoog verhewe bo al die gode.

10 o Liefhebbers van die Here, haat die kwaad! Hy bewaar die siele van sy gunsgenote, Hy red hulle uit die hand van die goddelose.

11 Die lig is vir die regverdige gesaai en vrolikheid vir die opregtes van hart.

12 o Regverdiges, wees bly in die Here, en loof sy heilige gedenknaam!

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help