PSALMS 123 - Afrikaans 1933/1953

Die oog na bowe!

1 'n BEDEVAARTSLIED.

Ek slaan my oë op tot U wat in die hemel troon.

2Kyk, soos die oë van die knegte is op die hand van hulle heer, soos die oë van die diensmaagd is op die hand van haar meesteres — so is ons oë op die Here onse God, totdat Hy ons genadig is.

3Wees ons genadig, o Here, wees ons genadig, want meer as versadig is ons van veragting;

4meer as versadig is ons siel van die spot van die oormoediges, van die veragting van die trotsaards!

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help