PSALMS 138 - Afrikaans 1933/1953

Dank vir verlossing.

1 'n PSALM van Dawid.

Ek sal U loof met my hele hart; in die teenwoordigheid van die gode sal ek psalmsing tot u eer.

2Ek sal my neerbuig na u heilige paleis en u Naam loof, om u goedertierenheid en om u trou ontwil; want U het vanweë u ganse Naam u toesegging groot gemaak.

3Die dag toe ek geroep het, het U my verhoor, my moedig gemaak met krag in my siel.

4 Al die konings van die aarde sal U loof, o Here, as hulle gehoor het die woorde van u mond;

5en hulle sal sing van die weë van die Here, want die heerlikheid van die Here is groot.

6 Want die Here is verhewe; nogtans sien Hy die nederige aan, en die hoogmoedige ken Hy uit die verte.

7 As ek te midde van benoudheid wandel, behou U my in die lewe; U steek u hand uit teen die toorn van my vyande, en u regterhand verlos my.

8Die Here sal dit vir my voleindig! U goedertierenheid, Here, is tot in ewigheid: laat nie vaar die werke van u hande nie!

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help