Psalms 142 - Die Boodskap

1’n Gebed van Dawid toe hy in ’n grot weggekruip het

2Ek bid ernstig tot die Here. Ek pleit dat Hy my jammer moet kry.

Ek kla by Hom.

3Ek sê vir Hom wat my probleme is.

4As ek moed opgee, sal U weet wat vir my die beste is. Mense wil my laat struikel en val.

5Mense het die lewe vir my moeilik probeer maak.

Hulle wou hê ek moes misluk. Hulle help my nie. Niemand gee vir my om nie.

As ek mense vra om my te help, maak hulle of hulle my nie ken nie.

Niemand wil my help nie. Hulle vra nie eens hoe dit met my gaan nie.

6Ek bid tot U, Here. U is die enigste Een wat my beskerm.

U is al wat ek in hierdie lewe het.

7Help my asseblief as ek vra.

Self kan ek niks doen nie, want ek het niks krag nie.

Bevry my van mense wat agter my aanloop om my kwaad aan te doen,

want hulle is sterker as ek.

8Help my asseblief uit my moeilikheid uit, Here, sodat ek U kan prys.

Ek is nou vasgevang soos iemand in ’n tronk.

Maar u kinders sal saam met my u Naam grootmaak, omdat U my gehelp het.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help