Psalms 95 - Die Boodskap

1Die Here is ons God en ons is sy mense.

Kom laat ons ons Here eer.

Laat ons lofliedere uit volle bors sing, want Hy het ons gered.

2Laat ons na Hom toe gaan met al die dankies wat uit die diepte van ons hart kom.

In ons mooiste liedere moet ons dit vir Hom sê.

3Want die Here is God; Hy is die sterkste van die sterkstes.

Soos ’n onoorwinbare Heerser staan Hy in die pad van enigiemand wat sy plek wil vat.

4Gaan staan jy op die hoogste berg of in die diepste plek op aarde, dit is die Here s’n.

5Die see het Hy gemaak en soos ’n kunstenaar het Hy die aarde met sy hande gevorm.

6Kom ons buig voor God en erken Hom vir hoe groot Hy regtig is.

Kom ons kniel nederig voor die Heer wat ook vir ons gemaak het.

7Want Hy is ons God en ons is sy mense.

Hy beskerm ons soos ’n herder sy skape versorg en beskerm.

Luister asseblief tog na Hom.

8Ag, luister tog vandag wat Hy vir julle wil sê:

“Moenie soos die ou Israeliete in die woestyn maak wat destyds nie na My wou luister nie.

Hulle het die goeie dinge gesien wat Ek vir hulle gedoen het, maar hulle nogtans nie daaraan gesteur nie.

9Hulle het probeer kanse waag en probeer kyk hoe ver hulle My kon dryf voor Ek my geduld verloor. En tog was hulle die mense wat gesien het wat Ek gedoen het.

10Daardie klomp mense wat so gemaak het, het My 40 jaar lank geïrriteer.

Daarom het Ek gesê: ‘Soos stout kinders wou hulle eenvoudig nie luister nie. Hulle het geweier om te doen wat My gelukkig maak.’

11Toe my geduld op was, het Ek vas besluit: ‘Nooit, ja nooit, sal hulle in rus en vrede saam met My kan wees nie.’”

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help