Psalms 128 - Die Boodskap

’n Lied vir mense wat Jerusalem toe gekom het om die Here te dien

1Hoe gelukkig is jy wat die Here dien en eer,

jy wat presies doen wat Hy sê!

2Jou harde werk sal elke dag vir jou ’n goeie oes oplewer.

Jy is die gelukkigste mens op aarde, want God sorg dat dit goed gaan met jou.

3Jou huwelik sal een groot vreugde wees en jou kinders jou trots!

Jou vrou en kinders sal soos ’n goeie oes op die land wees wat jou baie bly maak.

4Die Here is so ontsettend goed vir jou wat Hom vrees,

jy staan in die sonskyn van sy goedheid!

5Mag die Here jou daar van die Sionsberg af oorlaai met sy goedheid,

mag jy elke dag sien hoe goed dit gaan met almal wat Hom dien.

6Mag jy so oud word dat jy ook nog jou kinders se kinders kan sien grootword.

God gee sy vrede aan almal in Israel!

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help