Psalms 129 - Die Boodskap

Die lied is geskryf vir mense wat Jerusalem toe gekom het om die Here te dien

1U kinders sê vir hulleself:

“Reeds van kleins af is daar mense wat lelik met ons is.

2Van jongs af het hulle ons baie sleg behandel, maar hulle kan ons nie onderkry nie.

3Hulle het ons so geslaan dat dit gelyk het of ’n ploeg slote oor ons lyf oopgekrap het.

4Maar die Here tree reg op.

Hy het ons gered van daardie mense wat Hom nie dien nie.”

5Here, mag almal wat U en u kinders nie liefhet nie, skaam word en padgee.

6Laat hulle verdwyn soos ’n grashalm wat in die son verskroei

nog voor dit mooi opgekom het.

7’n Mens trek dit uit en gooi dit weg.

Dit is nie eens genoeg om jou hand vol te maak nie.

8As iemand by hulle verbyloop, sal hy nie eens sê:

“Mag die Here goed wees vir julle” nie.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help