1Ek was baie bly toe hulle vir my gesê het:
“Kom ons gaan na die huis van die Here toe.”
2Nou staan ons hier binne-in jou, o Jerusalem.
3Jerusalem is goed gebou.
4Dit is waarheen al die kinders van God kom om vir Hom baie dankie te sê.
Dit is wat Hy van hulle verwag.
5Hier word besluit wat reg of verkeerd is.
Hier word die hofsake deur die nageslag van koning Dawid verhoor.
6Bid vir vrede in Jerusalem:
Mag almal wat Jerusalem liefhet, gelukkig daar woon.
7Mag vrede die stad omvou sodat mense daar veilig mag voel.
8Ter wille van almal wat ek daar ken, bid ek: “Vrede!”
9Omdat die huis van die Here in Jerusalem staan, wens ek julle net die beste toe.
Who We AreWhat We EelieveWhat We Do
2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.