Psalms 54 - Die Boodskap

1-2Opgedra aan die musiekleier. ’n Dawidsgedig vir snaarbegeleiding. Toe die Siffiete na Saul gekom het om vir hom te sê: Dawid het by ons kom wegkruip

3God, red my, asseblief! U is baie sterk.

Laat die regte dinge met my gebeur.

4God, help my wanneer ek tot U bid.

Moet my nie ignoreer as ek by U kom hulp vra nie.

5Mense wat ek nie ken nie, probeer my onderkry.

Mense wat geweld gebruik, wil my doodmaak.

Vir God het hulle geen respek nie.

6Gelukkig help God my altyd! Die Here hou my lewe in sy hand vas.

7Hy sal die kwaad wat mense my wil aandoen, op hulle eie koppe laat neerkom.

Omdat U goed is vir u kinders, vra ek dat U hulle sommer vinnig van die aarde afvee.

8Ek wil graag vir U iets doen om vir U dankie te sê, selfs meer as wat U vra:

ek wil U kom loof, Here, want U is baie goed vir al u kinders.

9U het my uit my nood gered.

U het vir my gewys hoe mense wat my wou doodmaak, self sleg daarvan afkom.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help