Psalms 99 - Die Boodskap

1Die Here regeer!

Laat elke mens dit weet en dan besef hoe klein hy voor God is.

Die Here regeer oor almal bo in die hemel; op die aarde bewe almal voor Hom.

2Die Here is groot tussen sy mense, groter as die grootstes van hierdie wêreld.

3Laat almal U grootheid bewend prys: “U is heilig!”

4Here, U is sterk en heers oor alles; U doen net wat reg is.

Die grense van wat billik is, het U getrek.

Deur die geskiedenis het U gewys wat reg en verkeerd is.

5Maak die Here, ons God, groot bo alles. Buig laag voor sy voete.

Hy is heilig!

6Mense wat die Here in die ou tyd gedien het, Moses, Aäron en Samuel, het Hom gevra om hulle te help. God het geluister en gehelp.

7Uit die wolkkolom het die stem van God gekom.

Sy mense het geluister en gedoen wat Hy vra.

8O Here, ons God, U het geantwoord toe hulle gevra het.

U was bereid om hulle te vergewe, al moes hulle soms vir hulle sonde boet.

9Maak die Here, ons God, groot.

Kniel voor Hom neer en erken Hom vir wie Hy is. Die Here, ons God, is heilig!

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help