Psalms 130 - Die Boodskap

Die lied is geskryf vir mense wat Jerusalem toe gekom het om die Here te dien

1Ek is in groot moeilikheid. Help my asseblief, Here.

Moet asseblief nie my probleem miskyk nie.

2Wys dat U my hulpgeroep hoor.

3As U die hele tyd mense oor hulle sondes moes verwyt, sou niemand meer kon lewe nie.

4Gelukkig vergewe U ons sondes. Daarom kyk mense op na U en dien hulle U.

5Ek vertrou op die Here. Met my hele lewe vertrou ek op Hom.

Ek hou vas aan alles wat Hy beloof het.

Ek glo Hy sal doen wat Hy belowe het.

6Ek hou vas aan die Here, meer as wat ’n kleintjie aan sy ma vasklou.

Ek sal U nooit los nie.

7Julle wat die Here liefhet, moet in Hom bly glo, want Hy het sy kinders lief.

Hy vergewe hulle weer en weer.

8Hy sal al die dinge vergewe wat sy kinders verkeerd gedoen het.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help