Psalms 60 - Die Boodskap

1-2Aan die musiekleier. Op die wysie van “’n Lotusblom”. ’n Dawidsgedig wat mense iets wil leer. Na Dawid se stryd met die Arameërs van Mesopotamië en Soba. Joab, Dawid se leërhoof, het teruggekom en twaalf duisend Edomiete in die Soutdal verslaan

3God, U het ons van U af weggestoot!

U het ons in stukke geskeur toe U baie kwaad vir ons was.

Maak asseblief weer soos voorheen die lewe vir ons mooi.

4U het die hele wêreld rondom ons uitmekaargeskud.

U het ons hele lewe uitmekaar laat val.

Wil U nie al die stukkende dele weer bymekaarsit nie? Maak ons weer heel. Ons is moedeloos.

5U het u kinders die harde kant van die lewe laat sien.

Ons was soos dronk mense wat rondgeslinger het.

6U beskerm almal wat by U kom wegkruip.

U spaar almal wat U dien se lewe. U beskerm hulle teen hulle vyande.

7Red nou al u kinders met u groot krag. U het ons lief. Red ons!

8Daar uit die plek waar Hy aanbid word, het God vir sy kinders gesê:

“Daar is baie plekke in die land wat Ek vir julle sal gee.

9Die hele land is Myne.

Ek het vir julle elkeen plek gemaak.

In Juda se gebied bly die koning.

10Ook die gebiede rondom julle is Myne om daarmee te maak wat Ek wil.

Ek het mag oor julle bure, Ek regeer oor hulle.”

11Die Here se kinders het gesê: Daar is niemand wat ons kan help om ons vyande te verslaan nie. Hulle bly in sterk stede.

12God, U het ons van U af weggestoot.

God, U lei en beskerm ons soldate nie meer nie.

13Help ons teen ons vyande.

Om op mense te vertrou help ons nie.

14As die Here ons help, is ons aan die wenkant.

Hy sal met ons vyande afreken.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help