Psalms 111 - Die Boodskap

1Kom prys die Here!

Ek wil vir die Here dankie sê met alles wat ek het.

In die gemeente, by eredienste, in klein groepe, by bidure, ja, by enige byeenkoms van sy kinders wil ek Hom prys.

2Die Here doen baie groot dinge, dit laat jou so klein voel.

Elkeen wat opgewonde is oor wat Hy doen, sal aanmekaar daarvan praat en dink.

3Wat die Here doen, is te groot om te verstaan; dit is te wonderlik om te beskryf.

Hy doen altyd net die regte dinge.

4Die Here sorg dat mense die wonderlike dinge onthou wat Hy doen.

Hy het ’n goeie hart. Hy gee graag vir ons goeie dinge.

Hy voel gou jammer vir iemand.

5Hy sorg vir mense wat Hom dien deur vir hulle kos te gee.

Hy doen altyd wat Hy beloof het in sy ooreenkoms met ons.

6Hy het vir sy volk Israel ’n land beloof waar vreemde volke gebly het.

Toe laat Hy hulle die land met sy krag inneem.

Israel het geleer dat God sy beloftes altyd nakom.

7Die Here is getrou. Hy tree reg op. Alles wat Hy doen, getuig daarvan.

Alles wat Hy sê, kan ’n mens maar glo.

8Sy woorde staan vas.

Jy weet waar jy met Hom staan. Hy is getrou en loop nie draaie met jou nie.

9Die Here help sy kinders as hulle hulp nodig het.

Hy red hulle uit die moeilikheid.

Hy het ’n belofte aan hulle gemaak wat altyd sal bly staan.

Vir God moet jy groot respek hê.

Jy kan nie sy Naam los en vas gebruik nie.

10Om gelukkig te wees moet jy die Here dien.

Dit is die goue reël van die lewe. As jy dit doen, verstaan jy die geheim van die lewe.

Die Here verdien al die dankies wat mense Hom kan gee.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help