2God, luister tog wanneer ek by U hulp kom vra. Luister aandagtig na my as ek bid.
3Wanneer ek moedeloos en wanhopig is en voel of ek amper dood is, bid ek ernstig.
Beskerm my sodat ek nie doodgaan nie.
4U alleen pas my op.
U is soos ’n skuilplek waarheen ’n mens vlug as daar groot gevaar kom. U beskerm my teen my vyande.
5Ek wil vir altyd by U wees.
As U my beskerm, is ek elke dag veilig.
6God, U weet dat ek belowe het om U te prys.
U oorlaai my met goeie dinge.
U doen dit vir almal wat U dien.
7Mag ons aardse heerser lank lewe.
Mag mense nog lank oor hom praat.
8Gee dat hy altyd aan U sal vashou.
Ek bid dat U hom sal beskerm omdat U goed en vol liefde is.
9Dan sal ek altyd liedere sing om U te eer.
My belofte om U te eer wil ek elke dag nakom.
Who We AreWhat We EelieveWhat We Do
2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.