Psalms 126 - Die Boodskap

Die lied is geskryf vir mense wat Jerusalem toe gekom het om die Here te dien

1Toe die Here Israel uit die kloue van ’n vreemde volk gered het, was sy kinders baie bly.

Vir ons was dit soos ’n droom wat waar geword het.

2Ons het aanmekaar gelag en gepraat, so bly was ons.

Almal, selfs dié wat nie die Here dien nie, het dit raakgesien en gesê:

“Die Here het wonderlike dinge vir sy kinders gedoen.”

3Ja, die Here het wonderlike dinge vir ons gedoen en ons was baie bly.

4Nou is ons weer in die nood. Here, keer asseblief ons situasie heeltemal om.

U kan ’n droë woestyn in ’n pragtige blommeland verander.

Vat so ons probleme heeltemal weg.

5Die Here kan hartseer in blydskap verander.

Trane van pyn kan Hy in gelag van blydskap verander.

6Al werk ’n boer hard, is hy bly as hy ’n groot oes insamel.

So verander swaarkry in blydskap.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help