1Toe ek in baie groot moeilikheid was, het ek tot die Here gebid.
Hy het na my geluister en my gehelp.
2Here, beskerm my asseblief teen mense wat lieg en bedrieg.
3Bedrieërs, as julle maar weet wat die Here aan julle gaan doen.
4Julle sal voel soos iemand wat met ’n klomp pyle geskiet is.
Dit sal voel of julle op ’n klomp brandende kole lê.
5Dit is vir my baie swaar om tussen mense te bly wat niks van my hou nie.
Hulle behandel my soos ’n vloerlap.
Dit voel of niemand my wil hê nie en of ek niks mag doen nie.
6Ek kan dit nie meer verdra om tussen mense te wees wat net wil baklei nie.
7Vrede is vir my baie belangrik.
As ek egter daaroor begin praat, wil hulle net stry en baklei.
Who We AreWhat We EelieveWhat We Do
2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.