Psalms 113 - Die Boodskap

1Kom loof die Here!

Julle wat die Here dien, sê dankie vir Hom. Prys sy Naam!

2Julle moet sorg dat mense altyd die Here prys, nou en vir altyd.

3Van die môre tot die aand moet julle sy Naam loof.

4Daar is niemand wat soveel mag het soos die Here nie.

Hy is groter as enigeen in die hemel.

5-6Geen mens of volk is so sterk soos Hy nie.

In die hemel of op die aarde is daar niemand soos die Here ons God nie.

Hy is baie belangrik. Tog sien Hy onbelangrike en nederige mensies dadelik raak.

7Iemand wat deur ander mense vertrap is, help Hy om weer op te staan.

Hy tel arm mense van die ashoop af op.

8Dan behandel Hy hulle soos konings. Hy laat hulle tussen belangrike mense sit.

9Hy laat die onmoontlike gebeur: ’n Vrou wat geen kinders kan hê nie, laat Hy swanger word. Hy verander ongeluk in blydskap.

Kom loof die Here!

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help