Psalms 98 - Die Boodskap

’n Psalm

1Sing ’n nuwe lied wat spesiaal net vir die Here gemaak is.

Vertel daarin hoe wonderlik Hy is.

Hy het wonderlike dinge gedoen.

Sy krag en Goddelike grootheid maak dat Hy altyd wen.

2Die Here steek sy oorwinning nie weg nie. Almal op aarde het gesien hoe Hy reg doen.

3Hy is lief vir Israel. En Hy was altyd getrou aan hulle. Almal op aarde het gesien hoe Hy hulle red en verlos.

4Sing uit volle bors psalms vir die Here, almal wat op hierdie aarde is.

Loop oor van blydskap.

5Sing, speel musiekinstrumente; laat alles in een groot simfonie voor die Here opklink.

6Blaas op trompette en wees bly oor Hom, want hy is ons koning en oor Hom wil ons van uitbundigheid oorloop.

7Laat die see en alles daarin met sy gedruis die simfonie aanvul,

terwyl die hele aarde in gejubel uitbreek.

8Laat die riviere kletter soos hande wat klap en laat die heuwels van blydskap weergalm.

9Laat alles en almal voor die Here sing.

Hy gaan oor die wêreld heers, en wat Hy wil hê, gaan gebeur.

Hy sal regverdig heers oor die wêreld

en reg optree teenoor al die mense van hierdie wêreld.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help