Psalms 29 - Die Boodskap

Deur Dawid

1Eer God, eer Hom, elkeen wat bo in die hemel is.

Kyk net hoe belangrik is Hy; kyk na sy krag en maak Hom groot.

2Vertel vir almal hoe belangrik Hy is.

Val dan self in aanbidding neer in sy oorweldigende teenwoordigheid.

3’n Mens ervaar die teenwoordigheid van die grote God

bo die geruis van die magtige see.

Sy stem is soos die donder wat daar slaan. Hy heers oor alle magte.

4As Hy praat, gebeur dit net so ... Wie kan dan teëpraat?

Dis die Koning wat daar praat!

5As die Here praat, is dit soos weerlig wat bome van bo tot onder oopkloof;

6ja, as Hy praat, laat die dreuning die grootste berge soos jong bokkies rondhuppel.

7As Hy iets sê, is dit soos die weerlig wat slaan.

8Sy stem laat die verste woestyne bewe.

9As Hy praat, skud die groot bome. Sy stem stroop die bosse kaal.

In sy oorweldigende teenwoordigheid kan ’n mens net uitroep:

“Alle eer behoort aan God alleen!”

10Die Here regeer oor die geruis van die magtige see, want Hy is koning oor alles.

11Dit is hierdie Here wat sy volk sterk maak.

Dit is hierdie Here wat sy volk omvou met alles wat nodig is.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help