Ester 10 - Die Boodskap

Die roem van koning Ahasveros en Mordegai

1Koning Ahasveros het sy hele ryk se mense, van die veraf kusgebiede tot by dié wat in die binneland gebly het, verplig om harde arbeid met hulle hande te verrig.

2Al sy prestasies en die verhaal van Mordegai se roem is opgeteken in die geskiedenisverhale van die konings van Medië en Persië.

3Mordegai die Jood was tweede in bevel. Net koning Ahasveros het meer mag as hy gehad. Onder sy mede-Jode was hy gewild en is hy as ’n held beskou. Hy het sy bes gedoen om hulle armoede weg te vat en ’n toekoms vir hulle nageslag te verseker.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help