Numeri 34 - Die Boodskap

Die land se grense

1Die Here het vir Moses gesê:

2“Sê vir die Israeliete Ek gee vir hulle die hele land Kanaän om in te bly, dit behoort nou aan hulle. Die grense van die land lyk so:

3“Julle suidgrens strek van die Sinwoestyn af tot teen Edom. Aan die oostekant begin hierdie grens by die suidelike punt van die Dooie See,

4daarvandaan draai dit suid van Skerpioenpas af weg in die rigting van Sin. Daarvandaan gaan dit suid van Kades-Barnea af tot by Gasar-Addar en verby tot by Asmon,

5waar dit wegdraai en al met die kloof wat die grens met Egipte vorm, langs strek tot by die Middellandse See.

6“Die Middellandse See vorm die wesgrens van julle land.

7“Aan die noordekant loop die grens van die Middellandse See af tot by die berg Hor,

8en van daar af tot by die kloof deur Hamat. Daarvandaan loop die grens na Sedad toe

9en verder tot by Sifron en Gasar-Enan. Dit is die noordgrens.

10“Die oostelike grens loop van Gasar-Enan af tot by Sefam.

11Die grens loop dan van Sefam af tot by Ribla, oos van Ajin, en daarvandaan deur die berge teen die oostelike oewer van die Meer van Gennesaret en dan al met

12die Jordaanrivier langs tot by die Dooie See. Dit is hoe die grense van julle land lyk.”

Verdere reëls oor die verdeling van die grond

13Moses het vir die Israeliete gesê: “Hierdie is die gebied wat die Here gee aan die nege en ’n half stamme wat nog nie grond gekry het nie. Julle moet lootjies trek om te sien wie watter deel kry as hulle eiendom.

14-15Die stamme van Ruben en Gad en die halwe Manassestam het mos reeds hulle grond aan die oostekant van die Jordaanrivier regoor Jerigo gekry.”

16Verder het die Here vir Moses gesê:

17-18Die mense wat verantwoordelik is daarvoor om toe te sien dat die land regverdig verdeel word, is die priester Eleasar en Josua saam met ’n leier uit elke stam.

19-28Die name van hierdie leiers is:

Stam Leier

Juda

Kaleb, die seun van Jefunne

Simeon

Samuel, die seun van Ammihud

Benjamin

Elidad, die seun van Kislon

Dan

Bukki, die seun van Jogli

Manasse

Ganniël, die seun van Efod

Efraim

Kemuel, die seun van Siftan

Sebulon

Elisafan, die seun van Parnak

Issaskar

Paltiël, die seun van Assan

Aser

Agihud, die seun van Selomi

Naftali

Pedael, die seun van Ammihud

29Dit is die leiers aan wie die Here die opdrag gegee het om die grond in Kanaän onder die Israeliete te help verdeel.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help