1Die gebied wat die kinders van Josef gekry het, het gestrek van die Jordaan af naby Jerigo, by ’n punt oos van Jerigo naby die fonteine waar Jerigo se drinkwater vandaan gekom het. Van daar af loop die grens deur die woestyn in die bergagtige gebiede in tot so ver as Bet-El.
2Van Bet-El af loop dit na Lus toe en dan oor die grondgebied van die Erekiete tot by Atarot.
3Hiervandaan gaan dit weswaarts af na die grens van die Jafletiete toe tot so ver as Bet-Goron-Onder en dan oor Geser tot waar dit doodloop teen die Middellandse See.
4Die families van Josef se seuns, Manasse en Efraim, het hierdie gebied gekry.
Efraim se gebied5Efraim se stamgebied het gestrek vanaf Atrot-Addar in die ooste tot by Bet-Goron-Bo
6en van daar af tot by die Middellandse See. Van Mikmetat af in die noorde swaai die grens ooswaarts verby Taänat-Silo na Janoag in die ooste toe.
7Van Janoag af draai dit suid in die rigting van Atarot en Naära en dan teen Jerigo verby tot by die Jordaan.
8Van Tappuag af loop die grens wes, al met die Kanaspruit langs tot by die Middellandse See. Dit was die gebied wat aan Efraim se nageslag behoort het.
9Hulle het ook ’n aantal dorpe en stede binne die grondgebied van Manasse gekry.
10Hulle het nie die Kanaäniete uit Geser uit verdryf nie, maar hulle toegelaat om tussen hulle te bly woon en hulle as dwangarbeiders vir hulle laat werk.
Who We AreWhat We EelieveWhat We Do
2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.