1('n Hooglied.)
Die wat op die HERE vertrou, sal wees soos die berg Sion wat nie wankel nie, maar vir ewig bly.
2Soos die berge rondom Jerusalem is, so is die HERE van nou af tot in ewigheid rondom sy volk.
3Want die roede van die goddelose sal nie rus op die lot van die regverdiges nie; dat die regverdiges nie hul hande na ongeregtigheid uitsteek nie.
4Doen goed, HERE, aan die wat goed is en aan die wat opreg in hul hart is.
5Die wat afwyk na hul krom paaie, die HERE sal hulle uitlei saam met die werkers van ongeregtigheid, maar vrede sal oor Israel wees.
Who We AreWhat We EelieveWhat We Do
2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.